In the News

‘n Belegger het dié foto van 'n verbleikte reklamebord vir PIC Investment (later hernoem na Pickvest) net buite Maclear in die Oos-Kaap geneem.
6
Mar

Pickvest se ‘redder’ in ’n nuwe hofstryd

Pickvest se ‘redder’ in ’n nuwe hofstryd

Deur Vida Booysen Donderdag 05 Maart 2015 20:19

’n Nuwe hofstryd woed om die koppe van die direkteure van Ortho­touch, die maatskappy wat Pickvest se Highveld-eiendomsindikasies no. 15 tot no. 22 vyf jaar gelede as deel van ’n sakereddingsplan gekoop het.

Verlede jaar is beleggers gevra om te stem vir ’n nuwe reëlingskema, wat die bestaande reddingsplan moet vervang.

Nou doen beleggers in die Highveld-sindikasiemaatskappye in die Johannesburgse hooggeregshof aansoek dat die nuwe Orthotouch art. 155-reëlingskema, wat die hooggeregshof op 26 November 2014 bekragtig het, ter syde gestel word.

Dié aansoek, wat op 19 Mei aangehoor word, is ingedien op verskeie gronde, onder meer dat die Highveld-sindikasies se beleggers nie krediteure van Orthotouch is, soos beoog in art. 155 van die Maatskappywet nie, en dat dit nie voorsiening maak vir die skikking van eise teen direkteure van maatskappye nie.

Die beleggers het intussen ’n groepsgeding teen die direkteure in hul persoonlike hoedanigheid ingestel.

In ’n vorige weergawe van die berig is is die hofdatum verkeerdelik as 19 Maart aangedui. Ons vra om verskoning vir die fout.

Uitgewer: Netwerk24 – Deur Vida Booysen,  Donderdag 05 Maart 2015 20:19.