In the News

Nic Geor­giou se eiendomsgroep besit onder meer die die Loch Logan-kompleks in Bloemfontein hier bo.
10
Mar

Pickvest: Dié hofstryd maak pad oop vir eise

Pickvest: Dié hofstryd maak pad oop vir eise

Deur Vida Booysen Maandag 09 Maart 2015 02:00

Die nuwe hofstryd wat op 19 Mei teen die direkteure van Ortho­touch, die eiendomsmagnaat Nic Georgiou, sy familie en ander rolspelers in hul persoonlike hoedanigheid begin, maak die pad oop vir die groepsgeding wat dié individue persoonlik verantwoordelik hou vir Pickvest se mislukte Highveld-eiendomsindikasies (HS) 15 tot 22.

Volgens Marina Verdoes, ’n woordvoerder van Theron en Vennote, die prokureursfirma wat die groepsgeding behartig, doen die beleggers in HS 15-22 nou ook in die hooggeregshof in Johannesburg aansoek dat die hofbevel ter sanksionering van die Orthotouch art. 155-reëlingskema, wat op 26 November 2014 bekragtig is, ter syde gestel moet word.

Orthotouch is die maatskappy wat HS 15-22 vier jaar gelede as deel van ’n sakereddingsplan gekoop het.

“Maar dié reëlingskema gaan baie verder as om bloot die verhouding tussen Orthotouch en sy krediteure te reël.

“Dit poog ook om alle eise wat beleggers persoonlik teen die direkteure van die betrokke Highveld­eiendomsindikasies, asook teen Nic Georgiou, sy familie en familietrust, wat die onderwerp van die groepsgeding was, te skik.”

Verdoes sê dié reëlingskema gee op die oog af voor om die groepsgeding in die wiele te ry.

“Dit is dus raadsaam om die hof te nader vir die tersydestelling van die hof se sanksionering daarvan in soverre dit geïnterpreteer kan word as bindend op individuele beleggers.”

Uitgewer: Netwerk 24 – Deur Vida Booysen Maandag 09 Maart 2015 02:00