{"id":48,"date":"2014-12-18T09:40:49","date_gmt":"2014-12-18T07:40:49","guid":{"rendered":"http:\/\/dev.hsaction.cms\/?p=48"},"modified":"2015-03-17T09:51:19","modified_gmt":"2015-03-17T07:51:19","slug":"post-test-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/hsaction.co.za\/?p=48","title":{"rendered":"Pickvest-beleggers skud sak vir hof"},"content":{"rendered":"<h3 style=\"text-align: justify;\">\u201c DUS WORD DAGVAARDINGS NIE IN HIERDIE STADIUM BETEKEN NIE, MAAR WEL DIE AANSOEKSTUKKE. DI\u00c9 IS WAARSKYNLIK REEDS OP DIE MEESTE\u00a0RESPONDENTE BETEKEN. \u201d<\/h3>\n<h5 style=\"text-align: justify;\"><em>Deur Vida Booysen Vrydag 14 November 2014 12:04 vm.<\/em><\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot 4\u2009000 beleggers in Pickvest se mislukte Highveld-eiendomsindikasies 19 tot 22 het reeds hul steun toeges\u00ea aan die beplande regsgeding teen direkteure\u00a0van die maatskappye wat hul geld ingesluk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Heelparty het ook bygedra tot die regskoste, s\u00ea Marina Verdoes, \u2019n woordvoerder van die prokureursfirma Theron en Vennote in Stellenbosch.<br \/>\nDi\u00e9 firma is betrokke by die aansoeke wat in Oktober ingedien is om \u2019n groepsgeding in te stel teen 22 individue en maatskappye wat by die mislukte\u00a0eiendomsindikasies betrokke is. Verdoes s\u00ea die eerste stap is om by die hof goedkeuring te verkry om dagvaardings teen die respondente uit te reik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDus word dagvaardings nie in hierdie stadium beteken nie, maar wel die aansoekstukke. Di\u00e9 is waarskynlik reeds op die meeste respondente beteken.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy s\u00ea die stukke is ook elektronies op respondente beteken en die meeste van hulle het ontvangs daarvan erken en aangedui dat hulle die betekening van\u00a0die stukke per balju sal aanvaar.<br \/>\nAs die respondente nie die aansoek teenstaan nie, sal dit op 6\u2009Januarie 2015 in die guns van die beleggers beslis word. Dit is egter hoogs onwaarskynlik dat\u00a0dit sal gebeur. Die hofaansoek om verlof om \u2019n groepsgeding te begin, is op 31\u2009Oktober in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien deur\u00a0vier beleggers in die mislukte eiendomsindikasies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beleggers hou onder meer die direkteure van die sindikasies, lede van die invloedryke Georgioufamilie\u00a0in Bloemfontein en die sakereddingspraktisyn, Hans Klopper, verantwoordelik vir \u201cbedrieglike en roekelose gedrag wat daartoe gelei het dat\u00a0beleggers die grootste deel van hul belegging, indien nie alles nie, verloor het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vier beleggers wat die aansoek ingedien het, het tussen R250\u2009000 en R2,2\u2009miljoen bel\u00ea.\u00a0Verdoes s\u00ea Theron en Vennote, asook die firma se korrespondent, JP Joubert Prokureurs, stel \u2019n webwerf op waar beleggers wat die groepsgeding\u00a0ondersteun, kan registreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIn di\u00e9 stadium kan beleggers hul naam en besonderhede stuur na hsactiongroup@gmail.com sodat verder met hulle gekommunikeer kan word oor \u2019n\u00a0sertifikaat om die geding in te stel.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uitgewer: <a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/sake\/2014-11-14-pickvest-beleggers-skud-sak-vir-hof\" target=\"_blank\">Netwerk 24,\u00a0Deur Vida Booysen  Vrydag 14 November 2014 12:04 vm.<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201c DUS WORD DAGVAARDINGS NIE IN HIERDIE STADIUM BETEKEN NIE, MAAR WEL DIE AANSOEKSTUKKE. DI\u00c9 IS WAARSKYNLIK REEDS OP DIE MEESTE\u00a0RESPONDENTE BETEKEN. \u201d Deur Vida Booysen Vrydag 14 November 2014 12:04 vm. Tot 4\u2009000 beleggers in Pickvest se mislukte Highveld-eiendomsindikasies 19 tot 22 het reeds hul steun toeges\u00ea aan die beplande regsgeding teen direkteure\u00a0van die&#8230; <\/p>\n<div class=\"clear\"><\/div>\n<p><a href=\"https:\/\/hsaction.co.za\/?p=48\" class=\"gdlr-info-font excerpt-read-more\">Read More<\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":49,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[3,6,4,5],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48"}],"collection":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=48"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":193,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48\/revisions\/193"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/49"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=48"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=48"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=48"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}