{"id":54,"date":"2014-12-18T09:48:29","date_gmt":"2014-12-18T07:48:29","guid":{"rendered":"http:\/\/dev.hsaction.cms\/?p=54"},"modified":"2015-03-17T09:51:19","modified_gmt":"2015-03-17T07:51:19","slug":"post-test-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/hsaction.co.za\/?p=54","title":{"rendered":"Pickvest: Beleggers in opstand"},"content":{"rendered":"<h3 style=\"text-align: justify;\">Duisende wil eiendomsmagnaat hof toe sleep.<\/h3>\n<h5 style=\"text-align: justify;\"><em>Deur David van Rooyen Sondag 16 November 2014 3:00 vm.<\/em><\/h5>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verhaal van hoe \u2019n Suid-Afrikaanse eiendomsmagnaat se twyfelagtige vennootskap met direkteure van \u2019n eiendomsindikasiemaatskappy bykans 9000 onskuldige beleggers erg benadeel het, ontvou dalk binnekort in die hof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die hofstukke wat vier beleggers in die bele\u00ebrde Pickvest ingedien het om toestemming te kry om \u2019n groepgeding namens 9 000 beleggers van stapel te stuur, word beweer Nic Georgiou was die man wat die toutjies getrek het in die skema wat daartoe kan lei dat beleggers miljarde rande verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Georgiou is die eerste respondent in die aansoek. Sy eiendomsgroep besit onder meer die Fourways Mall in Johannesburg en die Loch Logan-kompleks in Bloemfontein.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Georgiou en sy seuns, George en Michael, trustees van die NG Trust, maatskappye in die Georgiou-groep wat die sindikasies se sake bestuur het, die direkteure van Pickvest en selfs Hans Klopper, die sakereddingspraktisyn wat Pickvest se sakereddingsplan bestuur, is die respondente.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As hulle toestemming kry, hoop die vier beleggers om \u2019n eis in te stel namens die sowat 9 000 beleggers wat sowat R3,6 miljard in vier sindikasies, Highveld 19, 20, 21 en 22, bel\u00ea het en die gevaar loop dat hulle byna alles sal verloor. Hulle verdien lankal nie meer rente op hul beleggings nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die bewerings is dat Georgiou self of deur sy trusts en maatskappye al die geld ontvang het wat in die sindikasies bel\u00ea is omdat al die geboue waarin beleggers se geld bel\u00ea moes gewees het, van die Georgiou-groep af gekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Georgiou het egter in die tyd na bewering:<\/strong><\/p>\n<ul style=\"text-align: justify;\">\n<li>Geboue aan die sindikasies verkoop vir tot twee keer soveel soos die werklike waarde;<\/li>\n<li>In die geval van Highveld 21 en 22 is die eiendomme nooit aan di\u00e9 sindikasies oorgedra soos wat die verkoopsooreenkomste bepaal het nie;<\/li>\n<li>Ooreenkomste om die geboue terug te koop en vasgestelde huuropbrengste aan beleggers te betaal, eensydig verbreek;<\/li>\n<li>Die bestuur van Pickvest en verwante maatskappye in sy sak gehad en dit is die rede waarom die maatskappye nooit opgetree het om te verseker<\/li>\n<li>dat die eiendomme oorgedra word soos wat die koopooreenkoms vereis het nie.<\/li>\n<li>Bepaalde prosedures verbreek deur self onverkoopte aandele in sindikasies 21 en 22 te koop en te herverkoop toe die die aandele-aanbod in die sindikasies nie volskryf was nie. Die regte prosedure was dat die sindikasies ontbind en die geld aan beleggers teruggegee word.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het na bewering R131 miljoen se aandele te veel verkoop, maar die inkomste uit die oorbodige aandele is nooit aan beleggers teruggegee nie en is as \u2019n lening aan een van sy eie eiendomsmaatskappye toegewys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pickvest, wat aanvanklik as PIC Investments bekend was, is deur Chrysander Botha begin wat talle sindikasies van stapel gestuur het. Botha het sy aandele in PIC later aan Rikus Myburgh verkoop wat daarvoor betaal het met geld wat die klaers beweer Georgiou beskikbaar gestel is. Die klaers beweer Myburgh was \u00f3f Georgiou se frontman \u00f3f dat hulle baie nou saamgewerk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Georgiou-groep het al die eiendomme waarin Pickvest-beleggers se geld in sindikasies 19 tot 22 bel\u00ea moes gewees het, aan die sindikasies verkoop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die eiendomme is egter vir baie meer as die markwaarde verkoop, wat verklaar waarom die eiendomme tans baie minder werd is as die sindikasiewaarde daarvan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die geval van sindikasie 21 is eiendomme vir R1,332 miljard aan beleggers verkoop, maar die klaers beweer \u2019n onafhanklike waardeerder gee die eiendomme \u2019n waarde van net R628 miljoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pickvest het die beleggers se geld ontvang en dit is uit \u2019n trustrekening aan \u2019n maatskappy, Bosman &amp; Visser, oorbetaal wat toe die eiendomme by Zephy (later Zephan), \u2019n maatskappy in die Georgiou-stal, gekoop het. Bosman &amp; Visser het dieselfde direkteure as Pickvest.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eiendomme wat Bosman &amp; Visser namens sindikasies 21 en 22 vir meer as R2,2 miljard by Zephy gekoop het, is tot vandag toe nie aan die sindikasies oorgedra het, wat beteken dat beleggers se geld nie deur enige bates gedek word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Georgiou beweer die oordrag word teruggehou omdat Bosman &amp; Visser nog R888 miljoen op die eiendomme skuld. Laasgenoemde ontken dit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die hofstukke word aangevoer dat die geld volgens Bosman &amp; Visser se state wel oorbetaal is, en daar is ook afskrifte van koopooreenkomste waarin gestipuleer word dat die koopsom ten volle vereffen is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die klaers verkwalik Myburgh en Bosman &amp; Visser se direkteure daarvoor dat hulle nooit hul fidusi\u00eare pligte nagekom het deur niks te doen om te verseker dat die oordragte wel plaasvind nie. Hulle beweer dit dui daarop dat Myburgh en sy kollegas in Georgiou \u201cse sak\u201d was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Myburgh-hulle was na bewering ook die agente wat die aandele van Georgiou-hulle wederregtelik herverkoop het. Die Raad op Finansi\u00eble Dienste het Pickvest se lisensie teruggetrek om as finansi\u00eblediensverskaffer op te tree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pickvest se pogings om daardie beslissing in die hof tersyde gestel te kry, het misluk en regter C.T. Howie het in sy uitspraak ges\u00ea Pickvest se direksie het met bedrieglike voornemens handel gedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Lang verhaal van verbreekte beloftes<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beleggers in Pickvest, wat eers PIC en toe PICvest was, se verbintenis met die Georgiou-groep is \u2019n lang verhaal van verbreekte beloftes.<br \/>\nDit is waarskynlik geregverdig om te s\u00ea dat baie van die beleggers in die skema se jongste sindikasies (Highveld-sindikasies 19 tot 22) juis daarin bel\u00ea het\u00a0weens die verbintenis met die vooraanstaande Georgiou-groep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vier jongste sindikasies het al hul eiendomme van \u2019n enkele bron, die Georgiou- eiendomsgroep, gekoop.\u00a0Die Georgiou-groep het \u2019n ooreenkoms met die sindikasies onderteken om vasgestelde huurgeld vir die eiendom te betaal wat aan hulle gewaarborgde\u00a0opbrengste van tussen 10% en 12% sou gee. Die Georgiou-groep sou n\u00e1 \u2019n sekere tydperk die geboue teen die sindikasiewaarde terugkoop, wat \u2019n belegging in Pickvest baie veilig en winsgewend laat\u00a0lyk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sulke gewaarborgde huurgeld vir \u2019n bepaalde tydperk, ongeag of die eiendomme ten volle verhuur is of nie, is standaardpraktyk in eiendomstransaksies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beleggers het altesame sowat R4,5\u2009miljard in eiendomme bel\u00ea, maar in 2010 is die ooreenkoms eensydig gekanselleer.\u00a0Beleggers is toe ingelig dat hulle net markverwante opbrengste van sowat 6% sou verdien.\u00a0Die rede wat gegee is, is dat die Reserwebank glo \u2019n regsmening ingewin het en dat die Georgiou-skema van gewaarborgde huurgeld daarvolgens \u2019n\u00a0oortreding van die Bankwet was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die klaers s\u00ea egter volgens hul navrae by die Reserwebank het hy sy ondersoek na die wettigheid van die skema gestaak omdat hy nie daarvan oortuig was\u00a0dat die skema wel die Bankwet oortree nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierna het die dopmaatskappy Orthotouch, wat deur Georgiou beheer word, die eiendomsindikasies in 2011 as deel van \u2019n sakereddingsplan gekoop. Hy\u00a0sou beleggers se beleggings oor vyf jaar aan hulle uitbetaal.\u00a0Georgiou sou bykomende eiendomme van R500\u2009miljoen aan Orthotouch oordra om die portefeulje se inkomste te vergroot sodat die beloofde opbrengste\u00a0betaal kon word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het egter gou duidelik geword dat Orthotouch geldelik nie die mas opkom nie. Die beleggers in die sindikasies 19 tot 21 het agt maande laas \u2019n\u00a0maandelikse betaling gekry en die beleggers in sindikasie 22, 24 maande laas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom is beleggers in Oktober gevra om weer vir drie moontlike opsies te stem wat die huidige reddingsplan vervang, maar wat hulle waarskynlik selfs\u00a0minder geld in die sak sal bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sakereddingspraktisyn Hans Klopper het in Oktober in \u2019n inligtingstuk aan beleggers ges\u00ea die waarde van die sindikasies is nou net R2,6\u2009miljard.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uitgewer:\u00a0<a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/sake\/2014-11-16-pickvest-beleggers-in-opstand?vc=b6470564de212de12212bbca4b0b912a\" target=\"_blank\">Netwerk24: Deur David van Rooyen Sondag 16 November 2014 3:00 vm<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Duisende wil eiendomsmagnaat hof toe sleep. Deur David van Rooyen Sondag 16 November 2014 3:00 vm. Die verhaal van hoe \u2019n Suid-Afrikaanse eiendomsmagnaat se twyfelagtige vennootskap met direkteure van \u2019n eiendomsindikasiemaatskappy bykans 9000 onskuldige beleggers erg benadeel het, ontvou dalk binnekort in die hof. In die hofstukke wat vier beleggers in die bele\u00ebrde Pickvest ingedien&#8230; <\/p>\n<div class=\"clear\"><\/div>\n<p><a href=\"https:\/\/hsaction.co.za\/?p=54\" class=\"gdlr-info-font excerpt-read-more\">Read More<\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":97,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[3,6,4],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54"}],"collection":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=54"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":192,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54\/revisions\/192"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/97"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=54"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=54"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=54"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}