{"id":556,"date":"2015-08-05T12:43:54","date_gmt":"2015-08-05T10:43:54","guid":{"rendered":"http:\/\/hsaction.previews6.matogen.com\/?p=556"},"modified":"2015-08-05T12:43:54","modified_gmt":"2015-08-05T10:43:54","slug":"pickvest-beleggers-kla-oor-min-tyd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/hsaction.co.za\/?p=556","title":{"rendered":"Pickvest: Beleggers kla oor min tyd"},"content":{"rendered":"<p><strong>Deur Vida Booysen\u00a0|\u00a0Woensdag 05 Augustus 2015 03:00<\/strong><\/p>\n<p>Beleggers wat geld weens die Pickvest-sage verloor het, is vandeesweek ontstoke omdat hulle minder as sewe dae tyd gegun word om te sien hoeveel van hul geld is nog oor in die reddingsmaatskappy Orthotouch se likwidasie- en distribusierekening (L&amp;D).<\/p>\n<p>Daarby mag die duisende verarmde en bejaarde beleggers die inligting slegs per afspraak by \u2019n kantoor in Fourways, Johannesburg, besigtig. Die telefoonnommer wat hulle moet bel om \u2019n afspraak te maak, is volgens beleggers deurentyd beset. Sake kon ook nie Dinsdag na hierdie nommer deurkom nie.<\/p>\n<p>\u2019n L&amp;D is \u2019n finansi\u00eble weer\u00adgawe van wat met \u2019n maatskappy se sake aangaan, met \u2019n uiteensetting van al die maatskappy se bates en die waardes daarvan. Verder word elke krediteur daarin gespesifiseer asook die bedrag waarop die krediteur kan aanspraak maak.<\/p>\n<p>Lees ook:<\/p>\n<p>\u25a0 \u200b<a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/sake\/maatskappye\/2015-03-09-pickvest-di-hofstryd-maak-pad-oop-vir-eise\" target=\"_blank\">Pickvest: Di\u00e9 hofstryd maak pad oop vir eise<\/a><\/p>\n<p>\u25a0 <a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/sake\/maatskappye\/2015-05-21-pickvest-saak-oor-reddingsplan-uitgestel\" target=\"_blank\">Pickvest: Saak oor reddingsplan uitgestel<\/a><\/p>\n<p>\u25a0 \u200b<a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/sake\/eiendomme\/2015-06-25-pickvest-s-vorder-groepsgeding\" target=\"_blank\">Pickvest: S\u00f3 vorder groepsgeding<\/a><\/p>\n<p>Dis \u2019n openbare dokument en daar word gewoonlik voldoende tyd verleen om insae daarin te h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDie tydperk van sewe kalenderdae waarbinne beleggers die L&amp;D kan besigtig, is onaanvaarbaar kort en beleggers is verder ook slegs \u2019n dag kennis gegee van die dokument wat ter insae l\u00ea, terwyl ander weer per SMS op die eerste dag van ter insaelegging, 31 Julie 2015, in kennis gestel is,\u201d s\u00ea Marina Verdoes, woordvoerder van die prokureurs Theron &amp; Vennote, wat ook die regsverteenwoordiger van die Highveld Syndication-aksiegroep (HSAG) is.<\/p>\n<p>Di\u00e9 groep, wat meer as 6\u2009000 beleggers verteenwoordig, doen aansoek om \u2019n groepsgeding teen die direkteure van Ortho\u00adtouch in te stel.<\/p>\n<p>Verdoes s\u00ea dit is onbillik om van beleggers te verwag om honderde kilometer te reis om \u2019n dokument te besigtig wat elektronies beskikbaar gestel kan word. Die tydperk van ter insaelegging sluit boonop ook \u2019n Saterdag en Sondag in, wanneer Orthotouch nie beskikbaar is nie.<\/p>\n<p>Om verdere sout in die wonde te vryf, moet enige beleggers wat nie tevrede is met die inhoud van die L&amp;D nie, hul besware ook voor 6 Augustus skriftelik by die kantoor in Johannesburg of by Orthotouch se geregistreerde adres in Bloemfontein indien.<\/p>\n<p>Volgens \u2019n omsendskrywe wat gister deur Orthotouch se \u201contvanger,\u201d Derek Cohen, op die maatskappy se webtuiste geplaas is, is hy nie by magte om die \u00adtydperk waarop die L&amp;D \u00adge\u00efnspekteer kan word, te verleng nie.<\/p>\n<p>Die toedrag van sake is geweldig kommerwekkend in die lig daarvan dat Orthotouch in terme van die sakereddingsplan, en ook die re\u00eblingskema, eiendomme ter waarde van honderdmiljoene rande sou bekom, s\u00ea Verdoes.<\/p>\n<p>\u201cBeleggers se finansi\u00eble toekoms kan grootliks be\u00efnvloed word deur hierdie dokument en daar moet aan hulle \u2019n behoorlike geleentheid gegun word om die inhoud daarvan te oorweeg en beswaar daarteen aan te teken.\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea die prokureursgroep berei tans \u2019n hofaansoek voor om \u2019n verlengde besigtigingstydperk en periode vir beswaarmaking te bekom.<\/p>\n<p>\u25a0\u2009Die adres waar die L&amp;D van Orthotouch besigtig kan word, is op die eerste vloer van die Bayhill-gebou, Fourways Golf Park in Roosstraat, Fourways. Afsprake moet telefonies gemaak word by Orthotouch se inbelsentrum, \u0001011\u2009465\u20097010.<\/p>\n<p>Meer inligting is op die webtuiste <a href=\"http:\/\/orthotouch.co.za\/\" target=\"_blank\">www.orthotouch.co.z<\/a>a beskikbaar.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/sake\/maatskappye\/2015-08-05-pickvest-beleggers-kla-oor-min-tyd\" target=\"_blank\">Uitgewer: Netwerk 24 &#8211; Vida Booysen\u00a0|\u00a0Woensdag 05 Augustus 2015 03:00<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Vida Booysen\u00a0|\u00a0Woensdag 05 Augustus 2015 03:00 Beleggers wat geld weens die Pickvest-sage verloor het, is vandeesweek ontstoke omdat hulle minder as sewe dae tyd gegun word om te sien hoeveel van hul geld is nog oor in die reddingsmaatskappy Orthotouch se likwidasie- en distribusierekening (L&amp;D). Daarby mag die duisende verarmde en bejaarde beleggers die&#8230; <\/p>\n<div class=\"clear\"><\/div>\n<p><a href=\"https:\/\/hsaction.co.za\/?p=556\" class=\"gdlr-info-font excerpt-read-more\">Read More<\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":49,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/556"}],"collection":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=556"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/556\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":557,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/556\/revisions\/557"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/49"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=556"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=556"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=556"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}