{"id":650,"date":"2016-05-27T15:56:59","date_gmt":"2016-05-27T13:56:59","guid":{"rendered":"http:\/\/hsaction.previews6.matogen.com\/?p=650"},"modified":"2016-05-27T15:56:59","modified_gmt":"2016-05-27T13:56:59","slug":"pickvest-beleggers-een-tree-nader-aan-hul-dag-in-die-hof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/hsaction.co.za\/?p=650","title":{"rendered":"Pickvest-beleggers een tree nader aan hul dag in die hof"},"content":{"rendered":"<p><strong><span id=\"divByLine\" class=\"byline\"><span class=\"from\">Deur\u00a0<\/span><span class=\"author\">Vida Booysen<\/span>\u00a0|\u00a0<\/span><span class=\"datestamp\">27 Mei 2016\u00a0<\/span><\/strong><\/p>\n<p>Die meer as 6 000 Pickvest-beleggers wat \u2019n groepsgeding teen die direkteure van die mislukte eiendomsindikasie wil instel, is een tree nader daaraan om hul dag in die hof te kry.<\/p>\n<p>Die Gautengese hooggeregshof het besluit om die tegniese besware van die hand te wys wat deur die direkteure van die sakereddingsmaatskappy\u00a0Orthotouch ingedien is en waarin daar onder meer verwag is dat die hofaansoek op meer as 23 000 beleggers in die Higveld Syndica\u00adtion- (HS) maatskappye beteken moes word.<\/p>\n<p>Donderdag se uitspraak maak die deur oop vir \u2019n aansoek om \u2019n hele aantal individue wat gemoeid was met die mislukte Highveld-eiendomsindikasies no. 15 tot no. 22 asook met Orthotouch persoonlik verantwoordelik te hou vir die verlies wat beleggers gely het.<\/p>\n<p>\u201cDit is duidelik dat die aansoekers nie ys in die winter van enige van die respondente sou kry&#8230; tensy dit deur die hof beveel sou word nie,\u201d het regter Brian Spilg in sy uitpraak ges\u00ea oor Ortotouch se tegniese beswaar dat die vier aansoekers om die groepsgeding nie besonderhede van al 23 000 geaffekteerde beleggers kon verskaf in hul hofaansoek nie.<\/p>\n<p>D\u00edt terwyl Orthotouch die enigste een is wat \u2019n lys met besonderhede van al die beleggers sou h\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Re\u00eblingskema<\/strong><\/p>\n<p>Die beleggers in die mislukte HS-maatskappye is op 12 November 2014 in \u2019n omstrede vergadering die keuse gegee om vir \u2019n nuwe re\u00eblingskema te stem wat die bestaande reddingsplan moet vervang en as \u201cvolle en finale vereffening\u201d sou dien.<\/p>\n<p>Indien hulle nie daarvoor sou stem nie, sou Ortho\u00adtouch gelikwideer word, en sou hulle net 13,64c in elke rand kry, en waarskynlik eers n\u00e1 baie jare, is destyds aan die beleggers ges\u00ea<\/p>\n<p>Woedende Pickvest-beleggers het op die vergadering oor \u2019n nuwe re\u00eblingskema hul stembriewe opgeskeur uit protes teen die manier waarop die proses gehanteer is, en omdat hulle gedwing is om daar en dan te stem sonder dat hulle hul finansi\u00eble adviseurs kon raadpleeg.<\/p>\n<p>Die re\u00eblingskema is egter in die hof bekragtig.<\/p>\n<p><strong>Hofaaansoek<\/strong><\/p>\n<p>Daarna is aansoek gedoen om di\u00e9 sanksionering van die Orthotouch-re\u00eblingskema kragtens art. 155 van die Maatskappywet ter syde te stel. Dit sou \u2019n voorloper wees van die sertifiseringsaansoek van die groepsgeding, het Jacques Theron van Theron en Vennote, die prokureursgroep wat die hofaansoek vir die groepsgeding hanteer, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die respondente, insluitend Orthotouch en sy besturende direkteur, die eiendomsmagnaat Nic Georgiou, is deur die hof gelas om die koste van hul aansoek te betaal en Orto\u00adtouch en die sakereddingspraktisyn Hans Klopper moet ook voor 6 Junie \u2019n lys verskaf aan die aansoekers se prokureurs van alle persone wat geregtig was om te stem oor die re\u00eblingskema.<\/p>\n<p>Noudat die tegniese besware uit die weg geruim is, gaan die groepsgeding volstoom voort, het Helgard Hancke, bestuurslid van die Highveld Syndication Action Group (HSAG) aan Sake ges\u00ea.<\/p>\n<p>Uitgewer: <a href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/Sake\/Geldsake\/pickvest-beleggers-een-tree-nader-aan-hul-dag-in-die-hof-20160526\" target=\"_blank\">Netwerk 24 | Vida Booysen | 27 Mei 2016<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur\u00a0Vida Booysen\u00a0|\u00a027 Mei 2016\u00a0 Die meer as 6 000 Pickvest-beleggers wat \u2019n groepsgeding teen die direkteure van die mislukte eiendomsindikasie wil instel, is een tree nader daaraan om hul dag in die hof te kry. Die Gautengese hooggeregshof het besluit om die tegniese besware van die hand te wys wat deur die direkteure van die&#8230; <\/p>\n<div class=\"clear\"><\/div>\n<p><a href=\"https:\/\/hsaction.co.za\/?p=650\" class=\"gdlr-info-font excerpt-read-more\">Read More<\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":409,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/650"}],"collection":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=650"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/650\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":651,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/650\/revisions\/651"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/409"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=650"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=650"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/hsaction.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=650"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}