KENNISGEWING AAN ALLE BELEGGERS IN HIGHVELD SYNDICATIONS 15 TOT 22 / PICKVEST
U word hiermee kennis gegee van ‘n hofaansoek deur bepaalde beleggers, wat op 19 Mei 2015 om 10h00 aangehoor word in die Johannesburg Hooggeregshof, vir die tersydestelling van, alternatiewelik aanteken van ‘n Appél teen, ‘n hofbevel toegestaan ten gunste van Orthotouch Bpk., waardeur die Hof ‘n Reëlingskema, wat na bewering aangegaan was tydens ‘n vergadering op 12 November 2014, gesanksioneer het ten aansien van Orthotouch Bpk. en Highveld Syndications 15-22.
‘n Opsomming van die regshulp verskyn hieronder, maar ‘n volledige afskrif van die aansoekstukke is beskikbaar op die webtuiste www.hsaction.co.za onder “Documents”. Die Applikante is Jurie Johannes Geldenhuys en Twee Ander, terwyl die Respondente Orthotouch Bpk. en 26 Ander is.
Indien enige party begerig is om die gemelde hofaansoek te opponeer, moet hy/sy die nodige hofdokumente liasseer (soos aangedui in die relevante Kennisgewing van Mosie) wat die liassering van ‘n Kennisgewing van Opponering binne 5 hofdae na datum van hierdie kennisgewing behels en daarna binne 15 hofdae die liassering van ‘n Opponerende beëdigde verklaring. Die aansoek sal gebring word in die Gautengse Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof, Johannesburg, onder saaknommer 42334/14.
‘n Opsomming van die regshulp (bevel) wat versoek word, is soos volg: (a) Dat die bevel wat op 26 November 2014 toegestaan is in die ex parte aansoek (“die bevel”) in terme van Artikel
42(1)(a) van die Eenvormige Hofreëls, alternatiewelik die gemenereg, op een of meer van die gronde uiteengesit [in die Kennisgewing van Mosie] tersyde gestel word; alternatiewelik, (b) dat verlof tot Appèl van die bevel (toegestaan in die ex parte aansoek), op die gronde soos uiteengesit in die Kennisgewing van Mosie, toegestaan word. ‘n Kostebevel sal versoek word teen enige party wat die aansoek opponeer. ‘n Opsomming van sommige van die gronde vir die tersydestelling, alternatiewelik die appèl, is, onder andere, dat (1) die gedefinieerde “Highveld Syndication Beleggers” nie (en nog nooit) skuldeisers van Orthotouch vir doeleindes van artikel 155(2) van die Maatskappyewet van 2008 is of was nie; (2) Orthotouch in kontrakbreuk is en daarom geen eis teen die Highveld Syndication maatskappye het nie; (3) die voorgestelde Reëlingskema poog om die eise van derde partye tot die kompromie te skik; (4) die reëlingskema onverstaanbaar is in wesenlike opsigte; en (5) wesenlike feite nie voor die Hof geplaas was nie.
Vir Theron & Vennote Prokureurs
Alexanderstraat 18 Stellenbosch
(Verw. JB Theron)
42334/14 MRT 15 (TV)4005



